CONTACT US
ABOUT
P O D
AUTHOR ASSISTANCE
PUBLISHING STEPS
DESIGN STUDIO
BOOKSTORE
EVENTS

TITLE: Kom Ons Maak Gereed!
more info
ISBN-13: 978-1-920411-20-6
AUTHOR & COPYRIGHT HOLDER: Renee Lighton, Cape Town, South Africa
SUMMARY:

First edition published May 2010; cover design, book layout and design by Barbara Mueller; Illustrations by Alice Gelderblom Waddilove, Printing by MegaDigital, Cape Town.

SIZE: paperback; perfect bound; 70 pages - 297mm (h) x 210mm (w), weight = 200g
PRICE: ZAR 120.00
other publications

Die Boek:

Jy en jou kind gaan hope pret hê!

“Dankie vir al die praktiese wenke hoe om allerdaagse artikels soos ontbytgraandose te gebruik om ‘n prettige leerondervinding vir ons kinders te skep.” – Wellington Prep School

“’n Fantastiese werkswinkel… sulke eenvoudige idees. Hoekom het ons nie self daaraan gedink nie. Uiters leersaam, inspirerend en uiters handig. Ek gaan my au pair stuur sodra jy die volgende datum bevestig en ek gaan al my mede-mamma’s laat weet – dis ‘n absolute MOET! Dankie! – Sue McDermott

“Die praatjie was WONDERLIK – dankie! My mamma’s was mal daaroor! Jy is waarlik ‘n bekoorlike spreker! Dankie!” – Melody / Edu care Durbanville

“Die Wiskunde werkswinkel was wonderlik! Dit het ouers voorsien van super idees en prettige aktiwiteite om saam met hulle kinders te doen deur gebruik te maak van artikels wat by die huis beskikbaar is. Ek kyk skielik na eierhouers in ‘n heel ander lig! En die beste van als is dat jy die aktiwiteite kan doen sonder om geld te spandeer! Al wat dit vereis is ‘n bietjie dinkwerk en kwaliteit tyd saam met jou kind!” – Jo-Anne Whitford/Grondslagfase opvoeder – Muizenberg Junior School


Die Outeur:

Renee Lighton het ‘n BA graad en diplomas in Gespesialiseerde Onderrig vir Verstandelik Gestremdes verwerf, asook ‘n kwalifikasie in Foundation Phase en Montessori Pre School Education. Renee het vir baie jare onderrig gegee en was ook medeopsteller vir ‘n reeks boeke vir die Foundation Phase, naamlik Shuters English, wat algemeen in skole deur Suid-Afrika gebruik word.
Sy is ‘n gekwalifiseerde Lewens-mentor en Opvoedkunde-mentor wat dit baie geniet om ouers en opvoeders te inspireer en vir hulle aanbiedings te doen.

Haar liefde vir leer deur middel van spel sal jou inspireer en motiveer om pret te he saam met jou kind. Eenvoudige, praktiese idees wat gebruik maak van allerdaagse artikels in jou huis, sal vaardighede in wiskunde, klankleer, lees en skryf wat benodig word vir Graad 1, aanmoedig en ontwikkel.

Jou 3 tot 7 jarige sal groot voordeel trek uit die eenvoudige en effektiewe speletjies wat jy met behulp van hierdie boek sal aanleer.

Also in English - "Let's Get Ready!"

www.reneelighton.co.za

rlighton@mweb.co.za

We, at New Voices Publishing, encourage all writers to publish their work......

NEW VOICES PUBLISHING WEBSITE

DISCLAIMER

LINKS

CONTACT US

COPYRIGHT © NEW VOICES PUBLISHING 2008