Title: Gebedstegnieke wat Heling en Voorspoed Teweegbring – Jou Nuwe Bloydruk
Author: Dr Esau Willemse
Size: 210mm x 148mm, 80 pages
ISBN: 978-0-620-75381-4 (print);
Gebed is een van die belangrikste Christelike handelinge wat daar is. Deur die aktiwiteit van gebed beoefen elke christen ’n intieme wandeling met God en word die grondslag gelê vir jou lewenswandel in hierdie opwindende geloof.
Tenspyte van die oorweldigende getuies wat daar in die Bybel te bespeur is ten opsigte van gebed en hoe ons hierdie kragtige handeling moet benader, het vele gelowiges nog nie by die bron van effektiewe gebed uitgekom nie. Baie gelowiges die wêreld oor kom week na week by biduurbyeenkomste, selgroepe en eredienste byeen sonder werklike sielsverkwikking en vreugde.
Baie gelowiges het in geestelike wonings groot geword en is geskool in die christelike tradisie; maar was nooit onderlê in die metode en tegniek ten opsigte van effektiewe gebed nie. Hierdie werk wil u as leser help om by daardie fontein uit te kom. Die skopuspunt van hierdie boek is om die leser op ’n ontdekkingreis te neem sodat die goud wat dormant in jou opgesluit lê, ontdek en ontgin kan word.
Skrywer: Esau Willemse is ’n gevierde skrywer, spreker, teoloog, trauma, familie en huweliksterapeut. Hy studeer aan die Universiteit van Pretoria waar hy sy PhD graad in Praktiese Teologie verwerf met spesialisie in Trauma Terapie. Hy is die outeur van: When Divorce Strikes the Parsonage – The Journey Forward wat ondersoek instel na die traumatiese impak van egskeiding op pastorale families. Esau is getroud met Emily en is geseënd met drie seuns.
“Ons almal bid. Maar hoe bid ons? Baie keer voel dit asof ons gebede teen die dak vasslaan en dan kry ons nie antwoorde nie. Ons smeek, pleit, dekreet, stuur petisies, maar niks werk nie. Hoe gemaak? Dr Willemse gee vir ons kristalhelder riglyne sonder fieterjasies hoe ons gebed en God moet nader. Deur hierdie boek vind die woorde “julle het nie, omdat julle nie vra nie, vra en aan julle sal gegee word.” vergestalting. Kerklui sal uit hierdie boekie praktiese riglyne kry om hulle kudde te lei. ’n Moet vir elke kerkleier” – Dr GA Grootboom – Sielkundige
If you are looking for a copy of this book, you can contact the author and order from the links below:
Thank you for visiting New Voices xxx