Title: Geheime van Gister
Author: Christian Kok
Size: 210mm x 148mm, 161 pages
ISBN: 978-0-620-76997-6 (print)
Na die dood van haar tante, ontdek Mignon du Bois ’n versteekte joernaal gevul met fotos en briewe wat ’n geheime lewe openbaar van ’n tante wie sy gedink het sy ken. Die reis is gevul met spanning met die gebeure van die tweede wêreld oorlog. Dit vertel die storie van Angelique du Bois wat gestuur word na ’n afronding skool in Armentiere, Frankryk, waar sy met ’n Joodse familie kennis maak en verlief raak op hulle seun.
Geheime word openbaar gemaak wat nuwe liefde bring en ’n nuwe begin.
Oorlog eindig nooit stil
Christian Kok is ’n akteur en skrywer. Gedurende sy skool jare het hy aan verskei teater verhoog-stukke deel geneem. In 2009 het hy sy draaiboek kursus voltooi by SA’s writing college en film toneelspel by Brumilda van Rensburg se film akademie. Na sy studies het hy die karakter Garth vertolk in die komedie Had better Days. Hy het dieselfde jaar ingeskryf vir die RSG/Sanlam radio drama skryf kompetisie waar sy radio teks, Geheime van Gister dit tot by die semi-finaal gemaak het.
Sy TV-werk sluit in die KykNet tv-reeks bloedbroers asook film krediet, Suurlemoen wat in 2014 vrygestel is. Hy het ook die geleentheid gehad om ’n klein rol te hê in die internationale film, Resident Evil -The Final Chapter.
Hierdie is sy eerste Roman en woon tans in Meyerton, Gauteng.
If you are looking for a copy of this book, you can contact the author and order from the links below:
Thank you for visiting New Voices xxx