Title: Stop Jou Kaktus! – Kaktus 3
Author: Dr Theo Marais
Size: 210mm x 140mm, 178 pages
ISBN: 978-0-620-74605-2 (print);
Lag is die beste medisyne, word dikwels gesê. Al is jy nie kranklik of hartseer nie, bly lekker lag een van die allerlekkerste en heilsaamste dinge wat die mens kan doen. Partykeer lag ’n mens vir ander en dikwels met ander, soms ook vir jouself. Dr Theo Marais het met sy gewilde Kaktus-reeks nou al bekendheid begin verwerf daarvoor dat hy ’n mens kort-kort nie net laat lag nie, maar sommer laat skater. Dan is dit ook nie net vir die storie wat hy vertel nie, maar dikwels ook vir die manier waarop hy iets beskou en vir hoe hy dit stel. Het jy al byvoorbeeld ooit van ’n pantie-karretjie gehoor? Of het jy al met jou “martelpyp”, ofte wel trapfiets, teen ’n bult uit geslinger en gewonder watter sadis die samestelling “prettrap” uitgedink het? En hoekom sal iemand met ’n selfie-stick dan nou “kommin” wees? Lees Stop Jou Kaktus! en vind lag-lag uit! Maar wees gewaarsku, net soos in dr Marais se vorige twee bundels vertellinge, Embrace Jou Kaktus! en Op Reis met Jou Kaktus, is daar ook in hierdie bundel ernstige oomblikke, stof tot diepe nadenke …
Skrywer: Dr Theo Marais: Besigheidsman, familiemens, vriend, spreker, reisiger, musikant en nou ook skrywer en dosent. Iemand wat, soos baie ander, die lewe se houe ervaar het. Hy is lief vir sy skoonma (moet dit vir niemand sê nie), sy hond, sy vrou en sy kinders. Nie noodwendig in daardie volgorde nie.
“Ons moet kan lag én leer uit ons ervaringe. Dis nie aldag maklik nie.”
Oor sy ervaringe met die mensdom sê hy: “Hoe meer ek met mense werk, hoe liewer word ek vir my honde!” Ook maar net mens.
If you are looking for a copy of this book, you can contact the author and order from the links below:
Thank you for visiting New Voices xxx